Die doel van afrigting
Die doel van afrigting is om `n nuwe speler te help om die basiese tegnieke van die spel te bemeester voordat die speler toegelaat word om deel te neem aan sosiale spel by die klub. Op die manier word daar verseker dat die nuwe speler soomloos kan inskakel by die sosiale spel van die klub en waarde kan toevoeg tot die spel.
Voortspruitend uit die opleiding is dat daar ook konsensus bereik word oor watter grote rolbal die leerling behoort aan te skaf. Weens die koste van rolbal balle is hierdie `n baie belangrike stap.
`n Baie belangrike aspek van die afrigting is om te verseker dat die nuwe leerling nooit bloot gestel word aan kritiek deur ander gevestigde spelers nie. Die reëls en etiket van rolbal word ook met die leerling behandel sodat die leerling bemagtig is met die nodige kennis.
Die proses wat gevolg word, is dat nadat `n potensiële nuwe speler sy/haar belangstelling uitgespreek het om `n lid van die klub te word, sal ‘n aansoek om lidmaatskap vorm voltooi word waarna `n afrigter aan die persoon toegeken word en met afrigting begin word. Die vordering van die leerling sal afhang van die leerling se vermoë om die basiese beginsel van die spel te bemeester. Sodra daar konsensus is tussen die leerling en sy/haar afrigter dat die leerling gereed is om toe te tree tot die sosiale spel, sal daar `n toetredings wedstryd gereël word deur die afrigter. Na die spel voltooi is, is die leerling geregtig om alle sosiale spel geleenthede by te woon en deel te neem.
Nadat die toetredings wedstryd suksesvol voltooi is, is die leerling ‘n volwaardige lid van die rolbalklub. ‘n Plaatjie nommer word toegeken en die nuwe lid word dan ook by Rolbal Suid Afrika (BSA) as geaffilieerde lid geregistreer. `n BSA nommer en lidmaatskap kaartjie word toegeken.
Die afrigter bly die leerling/speler se mentor vir die duur van die speler se speel loopbaan en sal altyd beskikbaar wees om te help as daar verdere hulp benodig word met die spel of wanner daar probleme met die speler se spel ervaar word.
The purpose of coaching
The purpose of coaching is to help a new player master the basic techniques of the game before allowing the player to participate in social play at the club. That way, it is ensured that the new player can seamlessly blend in with the social game of the club and add value to the game.
Stemming from the training is that consensus is also reached on what size bowls the trainee should acquire. Due to the cost of bowls, this a very important step.
A very important aspect of coaching is to ensure that the new trainee is never exposed to criticism by other established players. The rules and etiquette of bowls are also dealt with so that the learner is empowered with the necessary knowledge.
The process followed is that after a potential new player has expressed his/her interest in becoming a member of the club, an Application for Membership form is completed, a coach is assigned to that person and the training will commence. The progress of the pupil will depend on the pupil’s ability to master the basic principles of the game. Once there is consensus between the pupil and his/her coach that the pupil is ready to enter the social game, an admission match will be organised by the coach. After the game is completed, the pupil is entitled to attend and participate in all social play events.
After the admission match has been successfully completed, the pupil becomes a member of the Club. A Tab Number is allocated, and the member is registered as an affiliated member at Bowls South Africa (BSA). A BSA number and membership card is issued.
The coach remains the learner/player’s mentor for the duration of the player’s playing career and will always be available to assist if further assistance is needed with the game or when problems are experienced with the player’s game.