Venster Advertensies

Een van die fonsinsamelings aksies is om die vensterruimte van ons Klubhuis vir betaalde advertensie ruimte te benut. Jurg en Bosman dryf hierdie projek. Om te bemark moet jou produk adverteer word en is dit dus goedgedink om ook ons Klub en aktiwiteite op so ‘n wyse te adverteer. Daar is reeds enkele besighede wat belangstel en glo ons dat daar binnekort meer vensters op hierdie wyse ‘‘versier” gaan word.

Dink net! Nie meer gordyne wat afgehaal moet word om gewas te word nie derhawe minder ongevalle van mense wat van stoele/lere afval!! En dan kry ons nog ‘n gereelde inkomste ook!!