75 Plus Vs 75 Minus Pretdag

Jaarlikse Pretdag: 1 Mei 2024

Formaat

  • Twee wedstryde van 12 koppe elk gelote gemengde driespel.
  • Punte word as volg bereken: 1 punt vir elke kop wat jy wen en 4 punte vir n wen (indien elke span 6 koppe gewen het word die punteverskil gebruik om die wenner te bepaal) Dus, maksimum punte in ‘n wedstryd is 16.
  • Omdat meer as een span dieselfde aantal punte kan verdien word die wenner na gelang punteverskil bepaal.
  • Gebrande koppe – bal word weer op die 2m merk geplaas.
  • Spelers skryf hul name op die bord. Ons streef na 2 vol speelperke (A & B) of 12 speelbane in totaal – dus 72 spelers in totaal. Lyste moet voorsiening maak vir die volgende:
    – Mans Dames
    – 75 en ouer eerste 18 spelers 75 en ouer eerste 18 spelers
    – Onder 75 eerste 18 spelers Onder 75 eerste 18 spelers
  • Spanne word saamgestel deur vooraf trekking deur 4 lede van die bestaande keurders (2 elk vanuit die twee onderskeie ouderdoms groepe) en vooraf bekend gemaak sodat spanne oor hul kleredrag kan besluit (nie klubdrag nie). Spanne bly dieselfde vir beide wedstryde.
  • Keurders moet, na die beste van hul vermoëns, die 72 spelers verdeel in twee groepe – meer ervare en minder ervare spelers. Die meer ervare spelers speel net teen meer ervare spelers en andersom. Beide hul wedstryde word op dieselfde perk gespeel. Deurgaans word gepoog om gelyke getalle volgens ouderdom en geslag.
  • Prysgeld. Elke perk gaan ‘n 1ste (R1000/span), 2e (R600/span) & 3e prys (R400/span) ontvang.
  • Die klem moet op pret geplaas word en tegelykertyd kan ons dringende fondse insamel.
  • Deurgaans moet ‘n karnaval atmosfeer heers met mooi vrolike musiek.
  • ‘n Bestaande trofee word aan die ouderdomsgroep wie se spanne die beste gevaar het, op grond van totale punte vir die dag en indien nodig, grootste punteverskil vir die dag, toegeken.

Similar Posts