Twilight 2024 het op 18 Januarie afgeskop met 56 spelers en na 7 weke se spel (elke Donderdag) en verskillende teenstanders is dit op Donderdag 29 Feb 2024 afgesluit met ‘n prysuitdeling en heerlike braaivleis ete.
Baie geluk aan die wenners maar ‘n besonderse woord van dank aan die organiseerders, Conrad en Adri Grève vir puik reelings wat daartoe bygedra het dat hierdie Toernooi weereens Centurion Rolbalklub tot eer strek. Welgedaan!






Finale puntestand aan einde van toernooi
75 + vs 75 - Pretdag
.
Woensdag 1 Mei was dit die stryd tussen die oues (nog nie koud) teen die jonges (vol bravade).
Die breinkind van Johan Meaker waar die lede wat 75 jaar en ouer is teen die onder 75 jariges die stryd op die rolbalbaan aangedurf het. Wat ‘n heerlike en spontane dag was dit nie!
Die gemengde driespanne het uitgehang in hul eie spankleure en -klere en goeie rolbal was aan die orde van die dag. Soms broekskeur maar in goeie gees is die punte opgestapel en kon die 75+ garde die dag met die wennerstrofee wegstap
Danksy kontant skenkings deur Johan Meaker en Herklaas Meyer is verskeie kontant pryse ook uitgedeel. Rina en die klublede wat gehelp het, het gesorg dat die bestanddele daar is sodat elkeen sy/haar eie hamburger kon bou – en was dit smaaklik!. Emma het weer gesorg dat die heerlike kolwyntjies (cup cakes) pragtig versier, tydens teetyd goed afgegaan het.
Groot dank en waardering aan die organiseerders, bydraes van lede en lede se deelname om heerdie ‘n onvergeetlike dag te kon maak. Sodoende is daar seker gemaak dat dit voortaan ‘n jaarlikse instelling sal wees